Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2009

Eet vir volgehoue energie 3

Gabi Steenkamp en Liesbet Delport het hierdie boek spesiaal geskryf om te voorsien in die behoefte van hul pasiënte aan praktiese, maklike maniere om stadig vrystellende (lae-GI-) koolhidrate in daaglikse maaltye te gebruik.

Die glukemiese indeks (Gl) is ’n fisiologiese maatstaf van die uitwerking van koolhidraatvoedsel op die bloedglukosevlakke. Aangesien hierdie opwindende dieetkundige instrument doeltreffende bloedglukosebeheer verseker, voorsien dit jou heeldag van volgehoue energie.

Hoe meer Liesbet en Gabi dit toegepas het, hoe meer het hulle besef watter geweldige voordele dit vir hul pasiënte inhou.

Die gebruik van die GI verbeter nie net bloedglukosebeheer by mense met diabetes nie, maar help ook om verslankers se hongerpyne te stil, moegheid teë te werk, bloedglukosevlakke by kinders met konsentrasieprobleme te verbeter, sportprestasie ’n hupstoot te gee, trigliseriede by mense met verhoogde bloedtrigliseriedvlakke te verlaag en die oorafskeiding van insulien by mense wat aan hipoglukemie en hiperinsulinemie ly te verlaag, hoë bloeddruk te verlaag, en help om daardie hardnekkige oortollige vetjies af te skud. Kortom, ’n ieder en ’n elk behoort te weet hoe om die GI in te span vir optimale gesondheid en tonne energie.

No comments :

Post a Comment