Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2009

Kook saam met Andries Krogman

Na die sukses van Andries Krogman se eerste kookboek, Maak ‘n las, waarvan meer as 20 000 kopieë verkoop is, is sy lang verwagte opvolg kookboek Kook saam met Andries Krogman nou beskikbaar.

Andries se beproefde resepte en nuttige wenke sorg dat selfs die onhandiges na dese van ‘n allemintige potjiekos tot watertand poeding sal kan maak. Soos hy self sê: “Die boek is hoofsaaklik gerig om my medegeslagsgenote wat naweke vir Ma afgee en die huishouding se kosmakery oorneem. Dit is vir ouens vir wie kosmaak pret en nie werk is nie – vir wie ‘n knetterende vuur, goeie vriende en die wete dat ons net eenmaal voluit kan leef, meer waarde het as al die geld in die Wêreld.”

Saam met die resepte sluit hy foto’s in van sy kosmaak-reise van die afgelope 9 jaar, waar hy deel is van die Maak ‘n las-konserte en opening van restaurante regoor die land.

No comments :

Post a Comment