Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/21/2009

Gebraaide aartappels

8 middelslag aartappels
kookwater, met sout
125 ml kookolie
5 ml gemengde kruie
knypie borrie (vir ‘n mooi goudbruin kleur)
witpeper

Kook die aartappels in soutwater vir 10 minute. Dreineer.

Meng die olie, kruie, peper en borrie en plaas die aartappels daarin tot ‘n uur voor etenstyd. (Dit kan die dag vantevore al gedoen word).

Braai sowat ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180ºC tot goudbruin en bros.

'n Alternatief is om die aartappels in geklitste eier te doop en dan in fyn broodkrummels voor jy dit braai.

Gebraaide aartappels moet onmiddelik opgedien word.

No comments :

Post a Comment