Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/20/2009

Huisgenoot Wenresepte 8

Nog ’n suksesverhaal uit die pen van Carmen Niehaus. In Huisgenoot Wenresepte 8 maak Carmen dit maklik om met flair te kook – van die eenvoudige geroosterde ciabatta voorgereg en die dekadente roomys-bombe met bessiesous as nagereg tot geurige kerries van Durban en die Bo-kaap. Met tradisionele gunstelinge sowel as geregte van regoor die wêreld. Meer as 400 watertand resepte vir alle geleenthede sal die boek beslis inspireer.

Huisgenoot Wenresepte 8 is ’n pragboek vol praktiese wenke en, beste van alles, deeglik beproefde resepte.

INHOUD:

•Happieskos en brood
•Sop vir elke geleentheid
•Vis en seekos
•Vleis in alle gedaantes
•Veelsydige hoender
•Lekker gekerrie
•Pasteie en souttert
•Pasta en pizza
•Rys en noedels
•Heilsame groente
•Kraakvars slaai
•Soetigheid na ete

No comments :

Post a Comment