In Huisgenoot Wenresepte 8 maak Carmen dit maklik om met flair te kook – van die eenvoudige geroosterde ciabatta voorgereg en die dekadente roomys-bombe met bessiesous as nagereg tot geurige kerries van Durban en die Bo-kaap. Met tradisionele gunstelinge sowel as geregte van regoor die wêreld.
Meer as 400 watertand resepte vir alle geleenthede sal die boek beslis inspireer.
Huisgenoot Wenresepte 8 is ’n pragboek vol praktiese wenke en, beste van alles, deeglik beproefde resepte.
INHOUD:

Sop vir elke geleentheid
Vis en seekos
Vleis in alle gedaantes
Veelsydige hoender
Lekker gekerrie
Pasteie en souttert
Pasta en pizza
Rys en noedels
Heilsame groente
Kraakvars slaai
Soetigheid na ete
No comments :
Post a Comment