Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/12/2009

Witbrood / White Bread

1 kg witbroodmeel
15 ml sout
10 ml suiker
10 g kits droëgis
20 g botter
625 ml lou water

Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot 'n sagte deeg. As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in 'n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele. Vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op 'n warm plek vir 35 - 40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200ºC vir 35 minute of tot gaar.

No comments :

Post a Comment