Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2009

Lemoen-en-rosyntjiebrood / Orange and Raisin Bread

sap en skil van 1 lemoen
250 ml rosyne
1 eier, effens geklits
30 ml botter, gesmelt
500 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
2 ml sout
125 ml suiker
100 g pekanneute, fyngekap

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer ‘n broodpan van 23 x 13 x 7 cm met margarien.
Vul die lemoensap aan met water tot 250 ml.
Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by.
Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur.
Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestanddele en meng deeglik.
Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar.
Laat effens afkoel en keer uit op ‘n draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word.

Dien op saam met botter.

No comments :

Post a Comment