Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/23/2009

Rooi Rose Lesersontbyt

Rooi Rose lesers kan gereedmaak vir ‘n stylvolle oggend van bederf en musiek tydens vanjaar se Cultivaria kunstefees. Die statige Paarl Stadsaal word op Donderdag, 24 September, omtower vir die Heinz Rooi Rose lesersontbyt.

De Oude Paarl Hotel sal sorg vir ‘n smaaklike ontbyt met Liqui-Fruit vrugtesappe en Simonsvlei wyne. Die groep Navi Redd verskaf glinstervermaak en sal gaste in vervoering hê met hulle verstommende a kapella talent. Vir ‘n ekstra bederf, sal Kaapstad Ballet ook ‘n optrede doen. Die Heinz produkbestuurder sal ‘n kort geselsie oor hulle produkte aanbied, voordat To-Nett’s ‘n dekordemonstrasie op die tema “Dek ‘n Feestafel” sal doen en Clarins ‘n grimeersessie aanbied.

Elke gas ontvang ‘n 2-maande inskrywing op Rooi Rose tydskrif sowel as ‘n geskenkpakkie met produkte van Heinz, Liqui-Fruit, Bokomo en skoonheidsprodukte van Clarins.

DATUM: Donderdag, 24 September
TYD: 09h00
PLEK: FNB Private Clients Stadsaa

No comments :

Post a Comment