Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/15/2009

Spek-en-mielie-kaasbroodjie / Bacon and Corn Cheese Sandwich

1 klein blikkie suikermielies (roomsoort)
1 klein tot medium ui, fyn gekap
1 pakkie spek, sonder swoerd
1 koppie cheddar
6 snye brood liggies gesmeer met botter. (dag-oud brood werk goed)
Aromat

Braai die ui in botter of olie tot sag . Gebruik min olie of botter. Snipper die spek en voeg by die ui wat braai, hier kom die verdere olie van die spek wat sal uitbraai. Braai tot spek na jou smaak gaar is. Voeg nou die mielies en helfte van die kaas by en roer deur tot die kaas gesmelt het en die mielies warm is.Laat effens afkoel en skep eweredig oor die ses snye brood wat op n bakplaat gesit is. Strooi Aromat oor en versprei die res van die kaas oor die brood. Plaas onder die roosterelement van die oond en rooster tot die kaas gesmelt het.

Sit voor met goeie koffie en jy het n redelike ontbyt of ligte Sondag-aand happie.

bydrae: Hans Haines,
Pretoria

No comments :

Post a Comment