Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/27/2009

Uie sambal

Hierdie sambal werk goed saam met kerriegeregte of gebraaide vis.

3 uie, grof gerasper
3 ml sout
25 ml asyn
5 ml suiker
3 groenrissies, ontpit en fyn opgesny
kookwater

Gooi die sout oor die uie en bedek met kookwater. Laat dit so staan vir 5 minute. Dreineer die uie en spoel dit af onder koue water. Druk al die oortollige water uit. Rangskik die uie in ´n slaaibak. Meng die res van die bestandele en voeg dit by die uie.

Resep 2

4 groot wit uie
1 klein rissie, ontpit en fyngekap
5 ml sout
2 ml peper
50 ml asyn of suurlemoensap
25 ml suiker
Sny die uie in dun skywe. Gooi kookwater oor en laat afkoel. Gooi die water af en gooi ander bestandele by

Sit voor saam met boud.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment