
8 dun stukke kalfsvleis
meel
2 eiers, geklits
droë fyn broodkrummels
olie
8 suurlemoenskywe
sout
vars gemaalde swartpeper
Stamp die vleis plat en geur met sout en peper. Doop dit dan in die meel en skud die oortollige meel af, daarna in die eier en dan in die krummels. Verkoel dit in die yskas vir ten minste 1 uur. Braai in olie en bedien met suurlemoen.
Foto: Rüdiger Wölk
No comments :
Post a Comment