Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/25/2009

Wortel-en-patatsop

olyfolie
1 ui, gekap
3 cm vars gemmer, geskil en gekap
5 ml gemaalde koljander
1 kg wortels, geskil en gekap
3 sweet patats, geskil en gekap
250 ml lemoensap
1 blokkie groenteaftreksel
2 liter water
sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml suiker
45 ml pietersielie, gekap

Verhit die olie en braai die ui, gemmer en koljander vir 3 minute.
Voeg die wortels en patats by en roerbraai vir 1 minuut.
Voeg die lemoensap, aftreksel en water by en bring tot kookpunt.
Stel die hitte laer, voeg die sout, peper en suiker by en prut half bedek vir 40 minute.
Voeg die pietersielie by.

Bedien saam met 'n lekker Franse brood en kaas.

No comments :

Post a Comment