Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/19/2009

Black Forest koek

8 eierwitte
1 en 'n kwart koppie gemaalde amandels
1 en 'n kwart koppie suiker
2 eetlepels maizena
2 eetlepels meel

Klits die eierwitte styf.
Voeg die droë bestandele by en verdeel in vier en bak elkeen in 'n 22 cm pan.

Vir die vulsel kook jy 'n driekwart koppie water met 1 koppie suiker vir 10 minute.
Klits 8 eiergele tot dik.
Gooi die gekookte suikermengsel oor en klits.
Verroom 450 g botter en voeg die eierstroop by. Verkoel.
Verdeel die mengsel in 4 dele.
Geur een deel met mokka, een deel met Kirsch en een deel met praline.
Smeer die gegeurde vulsels tussen die lae koek. Die ongegeurde een kom bo-op met 'n strooisel sjokolade.

bydrae: W. Botha

No comments :

Post a Comment