Nou, 60 jaar na die eerste model begin klits het, neem die Kenwood Cooking Chef dit 'n stappie verder - dit kook en roer, tegerlykertyd.
Die nuwe Kenwood Chef kan kook tussen temperature van 20ºC en 140ºC. Dit sal jou help om moeilike resepte soos choux deeg en risotto baas te raak. Die waarde van die masjien lê egter in die vermoë om groente te stoom en bredies te maak.

Die nuwe funksies kom egter teen 'n prys. Suid-Afrikaners kan verwag om in die omgewing van R12 000 te betaal vir die Kenwood Cooking Chef.
No comments :
Post a Comment