Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/02/2009

Fynaartappels met knoffel / Mash and Garlic

1 kg aartappels
150g butter
175 ml room
100 g parmesan, gerasper
1 heel bol knoffel
sout

Plaas die knoffel net so onder jou oondrooster. Verwyder wanneer die knoffel begin swart raak en sag is.
Kook jou aartappels tot sag in soutwater, skil en druk fyn.
Druk die sagte knoffel uit in die aartappels.
Voeg die room, parmesan en sout by en meng alles tot dit glad is.

Bedien die aartappels warm.

Die resep bedien 3 persone.

No comments :

Post a Comment