Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/22/2009

Mikrogolfvolkoringbrood

As dit by brood kom lewer 'n konvensionele oond beter resultate wat tekstuur, kleur en brosheid betref. As jy brood wil mikrogolf probeer 'n volkoringbrood, dit mikrogolf die beste.

gerolde koring om die bak mee uit te voer
500 ml volkoringmeel
125 ml koekmeelblom
100 ml digestiewe semels
100 ml gerolde koring
15 ml koringkiem
5 ml sout
60 ml melk
10 ml koeksoda
60 ml olie
30 ml bruinsuiker
500 ml karringmelk

Smeer 'n 120 mm x 260 mm mikrogolfbroodbak met margarien en voer die bodem uit met absorberende kombuispapier.
Bestrooi die bodem en kante met gerolde koring.
Meng al die droë bestandele saam, behalwe die koeksoda.
Meng die melk, koeksoda, olie en suiker saam.
Gooi die melkmengsel by die karringmelk en meng.
Meng die karringmelkmengsel nou met die droë bestandele.
Skep die deeg in die mikrogolbroodbak en bestrooi met grolde koring.
Plaas die broodbak op 'n omgekeerde piering en mikrogolf 17 minute by 70% krag (850 watt-oond).

Laat die brood ten minste 10 minute staan voor gebruik.

No comments :

Post a Comment