Indien jy ´n vars snoek in die hande kan kry, gebruik die maag en sye vir die resep.
1 kg snoek, in 6 porsies gesny
100 g botter, in ses gedeel
50 ml suurlemoensap
18 stukke bruinpapier, in vierkante gesny
sout
gemaalde swartpeper
Vou elke stuk vis saam met ´n stukkie botter, suurlemoesap, sout en peper toe in bruinpapier. Maak dit op soos ´n geskenkpakkie. Sit die pakkies op ´n oondrooster sowat 20 cm onderkant die roosterelement. Kook sowat 50 minute en draai gereeld die pakkies versigtig om. Knip die pakkies oop met ´n sker voor bediening.
Bedien saam met vars bruinbrood of gebakte aartappels.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2009
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment