Hier is ´n baie lekker nagereg. Dit klink dalk nie lekker nie, maar probeer dit. Dit is net reg saam met ´n lekker braaivleisie.
Bestanddele:
1 piesang
2-3 Marshmallows
2-3 Blokkies sjokolade
Sny die piesang in die helte deur en plaas die marshmallows en sjokolade in die middel. Maak toe met foelie en sit op die kole vir ´n paar minute, net genoeg om die sjokolade en marshmallow te laat smelt.
Dit is regtig iets om jou vingers van af te lek.
bydrae: Zelda
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment