Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/14/2009

Tunaslaai / Tuna Salad

2 blikkies tuna
1 medium tamatie, in stukke gesny
1 komkommer, in dun skywe gesny of
100 ml gekapte komkommerpiekels
250 g gekapte sampioene
1 ui gerasper
125 ml mayonaise
25 ml tamatiesous
5 ml worcestersous

Meng alle saam.
Hier is nog 'n slaaisous wat gebruik kan word:
75 ml karringmelk
50 ml olie 12,5 ml suurlemoensap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ml sout
Meng saam en gooi die tuna mengsel oor die slaai.

bydrae: Petro van der Westhuizen


Resep 2


1 blik tuna
2 gepekelde dwergkomkommers
25 ml suurlemoensap
125 ml mayonaise
1 ml sout
slaaiblare
2 hardgekookte eiers
50 ml gestopte olywe
60 ml uie in ringe gesny
25 ml tamatiesous
1 ml tabascosous
knippie peper
pietersielie

Druk 1 eier deur sif en sny die ander een in blokkies. Vlok die vis en meng met komkommers, uie, eier suurlemoensap, peper, sout en die souse. Skep op slaaiblare en garneer met gesifte eier, olywe en pietersielie.

bydrae: Petro van der Westhuizen


Resep 3


500 ml koue, gaar rys
200 g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
37.5 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die koue tunaslaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.

bydrae: Rika Spang


Resep 4

U kan self besluit oor die hoeveelhede:
Kropslaai in stukkies gebreek
Tamaties in blokkies gesny
Groenpepper in blokkies gesny
Ui in blokkies gesny
Tuna
Mayonaisse
Tamatiesous
Sout en Pepper

Onthou Moenie te veel Mayonaisse ingooi nie. Gooi liewers eers net ´n bietjie in en later nog as jy sien dit is te min.

Besluit self oor die hoeveelhede, meng liggies en bedien saam met growwe brood.

tuna, gevlok
hardgekookte eier
cheddarkaas in blokkies gesny
tamaties in blokkies gesny
komkommer in blokkies gesny
gekapte greenpepper
fyngesnyde kropslaai
mayonnaise

No comments :

Post a Comment