1 bakkie humus
2 eiervrugte, rooster die eiervrug tot die vel swart is
1 ui
2 knoffelhuisies
suurlemoensap van 1 suurlemoen
1 teelepel fyngemaakte komynsaad
Krap die eiervrug se vel af onder lopende koue water. Gooi alles behalwe die suurlemoensap en komyn in ´n voedselverwerker. Skakel aan en drup die suurlemoensap by terwyl die masjien loop. Roer die komyn na die tyd by.
Eet saam met brood, vis of jou Provita's.
Resep 2
Baba Ghannouj (Eiervrugpatee)
1 groot eiervrug
30 ml tahina-sesamsaad pasta-
Sap van ½ suurlemoen
sout na smaak
2 knoffelhuisies fyngedruk
Skil eiervrug. Stowe in water en suurlemoensap en knoffelhuisies tot gaar. Voeg ander bestanddele by en vermeng in voedselverwerker.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns

11/16/2009
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a comment