Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/15/2009

Outydse soetkoekies

8 x 250 ml meelblom
500 ml suiker
125 ml botter
125 ml sagte vet
2 eiers
3 ml sout
8 ml koeksoda
10 ml kremetart
5 ml fyn naeltjies
10 ml fyn kaneel
5 ml gerasperde suurlemoenskil
200 ml water of soetwyn

Sif droë bestanddele saam, voeg suiker by en meng goed.
Vryf botter en vet in met vingers tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Klits die eiers goed en voeg 25 ml van vloeistof by.
Voeg by die droë mengsel en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog vloeistof by indien nodig.
Knie goed en laat ± 1 uur of langer staan - in 'n koel plek.

Rol uit en bak vir 15 minute by 200°C.

Resep: Petro van der Westhuizen

1 comment :

  1. Anonymous10/5/12 15:04

    hi ek soek die resept van koningens koekies kry nerens resep nie baie dankie

    ReplyDelete