Hul realistiese benadering sal jou help om 'n gesonde, gebalanseerde dieet vir optimale sportvoeding te volg, jou gewig te beheer, fiks te bly en jou prestasievlakke te verhoog terwyl jy professioneel in enige sportsoort meeding.
Eet slim vir sport wys jou stap vir stap hoe om jou eie buigsame eetplanne op te stel voor, tydens en ná 'n kompetisiedag. Ontdek ook hoe om jou eetgewoontes by jou oefenprogram aan te pas, jou vetinname te verlaag en die konsepte van GI en GL in te span om jou 'n mededingende voorsprong te gee. Jy kan steeds smaaklik eet terwyl jy 'n gesonde, gebalanseerde dieet volg en volgehoue energievlakke handhaaf. Die nuttige tabelle agter in die boek verskaf 'n uiteensetting van die basiese voedingsbehoeftes vir sowel sportmense wat wil gewig verloor as diegene wat hul gewig wil handhaaf.

No comments :
Post a Comment