Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/09/2009

Oumagrootjie se melktert

2 koppies meelblom
½ koppie suiker
¼ koppie botter
1 eiergeel
2 teelepels bakpoeier
¼ koppie melk
Bietjie sout

Vryf botter in meelblom. Meng suiker, bakpoeier en sout en voeg by mengsel. Klits eiergeel met melk en meng met meelmengsel. Druk met vingers baie dun uit in tertbakke en bak by 180°C tot ligbruin.

Vulsel
1,25 liter melk
125g botter
4 eetlepels mielieblom
1 eetlepel meelblom
5 eiers geskei
½ koppie suiker
½ teelepel vanielje geursel
¼ teelepel amandel geursel

Kook melk en sit botter in. Meng droë bestandele tot pasta met bietjie melk en voeg by melkmengse (Gooi eers ´n bietjie van die kookmelk by pasta en gooi dan by melkmengsel, dit help dat daar nie klonte in kom nie.) Roer vinnig totdat mengsel glad is en haal van hitte af. Klits eiergele baie goed met suiker - dit is die geheim, dit moet liggeel word van die baie klits-. Voeg by melkmengsel. Kook weer vir ´n paar minute. Haal af en vou styfgesklitste eierwitte by asook geursels en sout. Skep in tertkorse in en strooi pypkaneel bo-oor.

Wenk: eiergele kan vir ´n paar dae in yskas gehou word indien dir in ´n glas water gegooi word en baie goed verseël word.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment