Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/18/2009

Lemoen-en-suurlemoenstroop

8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1,5 liter kookwater
1,2 kg wit suiker
15 ml wynsteen of sitroensuur

Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die wit van die vrugte ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak.
Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil.
Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is.
Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute.
Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.

Om te skink: Skink dit in lang glase, verdun (indien verkies) met soda of yswater, met 'n paar ysblokkies.

No comments :

Post a Comment