Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/19/2009

Linda-koekies

Smeer 'n glasbak van so 20 by 30 cm met margarien.

Nodig: 250 g margarien (Stork Bake)
75 ml kakao
500 g versiersuiker
1 ekstra groot eier
1 pak Mariebeskuitjies (200 g)
vanilla

Smelt margarien oor lae hitte en roer gesifte versiersuiker en kakao by met 'n whisk. Klop deeglik, die mengsel is nie heeltemal glad nie. Roer geklitste eier bietjie vir bietjie by, die mengsel raak nou glad.
Gooi 'n paar druppels vanilla by en klop lekker.
Haal van stoof af. Roer gebreekte koekies in.
Skep die mengsel in die glasbak, maak gelyk.
Strooi fyn neute oor indien verkies.
Laat afkoel in yskas, sny in blokkies.

Geniet, steek weg indien nodig.

No comments :

Post a Comment