Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/28/2010

Fritata met pikantrissies, feta en basiliekruid / Frittata with sweet chilies, feta and basil

10 ml olyfolie
10 eiers
150 g feta, gekrummel
100 g pikante rissies (Peppadews), in repies gesny
'n handvol basielkruidblare, in repe geskeur
sout en peper

Klits die eier en geur liggies met sout en peper. Roer die feta, rissies, en basielkruid by die eiermengsel. Gooi die mengsel in die pan met olyfolie wat matig verhit is. Kook oor matige hitte. Gebruik ´n spatsel om die rand van die fritata los te maak sodra die mengsel begin stol. Laat die rou mengsel daar inloop. Die oppervlakte van die fritata moet nog klam wees wanneer jy klaar is.

Garneer met ekstra basiliekruid.

Bedien met 'n groenslaai en klein aartappeltjies.

No comments :

Post a Comment