Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/16/2010

Gebakte spinasie

1 bossie spinasie, goed afgespoel
2 uie, fyngekap
1 groot knoffelhuisie, fyngedruk
250 g streepspekvleis, swoerd verwyder
1 houer 250g gladde maaskaas
2 ekstra groot eiers
25 ml fyngekapte pietersielie
6 ml witpeper
2 ml neutmuskaat
2 ml paprika
100 g (250 ml) Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C .
Spuit 'n 22cm tertbord met "Spray & Cook".
Stroop die groen spinansieblare van hul wit harde stingels en kerf fyn.
Kook die spinasie in 'n bietjie water tot sag en dreineer baie goed.
Roerbraai die uie, knoffel en Spek saam tot uie sag en spek bros is.
Sny die spek in klein stukkies.
Meng die res van die bestanddel buiten die helfte van die cheddarkaas.
Voeg die spinasie, uiemengsel en spekvleis by en meng deur.
Skep in die tertbak en gooi die res van die kaas bo-oor.
Bak vir sowat 30 minute tot die kaas gesmelt en die bolaag effens verbruin het.

Moenie sout byvoeg nie, die spekvleis maak dit sout genoeg.)

Genoeg vir 4 - 6 persone.

bydrae: Peter Moll

Resep 2

spinasie, groot blare
1 kg maalvleis
ui, fyngekap
broodkrummels
2 geklitsde eiers
olie
knippie naeltjies
1 knoffelhuisie, fyngekap
gerasperde kaas
fyngekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Kook die spinasie in 'n bietjie water tot sag en dreineer baie goed.
Meng alles, behalwe die spinasie en kaas, soos vir frikkadelle.
Maak die spinasieblaar oop.
Plaas nou die vleismensel binne in. Soos koolfrikkadelle of pannekoek.
Vou die spinasieblare toe en bestrooi met kaas en pietersielie.
Bak vir sowat 20 minute tot die kaas gesmelt en die bolaag effens verbruin het.

bydrae: Peter Moll

Resep 3

2 bossies spinasie, stingels verwyder
100 ml room
4 eiers hardgekook, sny in skywe
1 ui, fyngekap
Sampioene (Opsioneel)
Spek (Bacon) (Opsioneel)
Olie
4 groot ryp tamaties (skil verwyder)
250 ml cheddarkaas, gerasper
50 ml broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C
Sny die spinasie in repe.
Kook in 'n bietjie water tot sag en dreineer baie goed.
Plaas terug in die kastrol en geur na smaak met sout en peper.
Giet die room oor. Prut die mengsel tot romerig.
Skep in 'n oondvaste bak.
Rangskik die eiers bo-op die spinasie.
Soteer die ui en sampioene in 'n bietjie olie tot sag.
Braai kbacon tot bros.
Sny die tamaties in blokkies en voeg by.
Prut tot die mengsel nie meer waterig is nie.
Skep die mengsel bo op die eiers.
Meng die kaas en die broodkrummels en strooi bo-oor.
Bak vir sowat 20 minute tot die kaas gesmelt en die bolaag effens verbruin het.

(Genoeg vir 4 - 6 persone)

bydrae: Peter Moll

No comments :

Post a Comment