½ kg pizza deeg
250 ml ordentlike tuisgemaakte tamatiesous
1½ bal vars mozzarella, in skywe gesny
250 g kersietamaties, gehalveer
10 ml gedroogde oreganum
15 g vars basilieblare
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas die oondrak so hoog as moontlik en verhit die oond tot op sy maksimum.
Deel die deeg in twee en rol twee dun pizzas uit.
Plaas die pizzas op bakplate vir so 2 minute in die oond en haal dadelik weer uit.
Smeer jou tamatiesous oor die pizzas, plaas die skywe mozzarella op en besprinkel met die oreganum.
Strooi die helfte van die basilie oor en volg dit op met 'n paar druppels olyfolie.
Bak in die oond vir 5 to 8 minute tot gaar en goudbruin.
Strooi die res van die basilie oor en bedien.
(resep maak 2 pizzas)

(foto Valerio Capello)
No comments :
Post a Comment