2 wortels, gerasper
2 uie, gekerf
1 kg maalvleis
1 pakkie hoendernoedelsop
5 ml borrie
2 eetlepels kerrie (matig)
1 teelepel sout
1 ml swartpeper
4 eetlepels botter
125 ml room
Gebruik ´n groot braaipan. Braai die uie in 4 eetlepels botter tot ligbruin.
Voeg die kool by en roerbraai vir ongeveer 30 minute.
Voeg nou vleis, wortels en geurmiddels by.
Maak sop aan met 500 ml water en gooi die helfte by. Prut vir 30 minute en gooi af en toe van die res van die sop by - of as dit nodig is kan meer water by gegooi word (moenie laat dit brand nie).
Roer die room by.
Bedien met gegeurde rys of vars broodjies en ‘n mengelslaai.
Stuur jou resepte na bydraes@kook.co.za . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment