Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/25/2010

Koffie koekies / Koffiekoekies

750 ml botter
250 ml suiker
25 ml stroop
25 ml koffie ekstrak
5 ml vanielje geursel
60 ml melk
5 ml koeksoda
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180ºC.

Vulsel:
250 ml suiker 125 ml melk
250 ml botter 5 ml vanielje geursel

Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

1 comment :

  1. Anonymous3/2/10 10:20

    Hi,
    Ek is op soek na 'n hondekoekie resep.Daar was 'n hele ruk terug in die Dit Idees Tydskrif daarvan,maar ek het myne iewers gruwelik misplaas!
    Kan iemand my dalk so 'n resep stuur asb.?
    Lynette

    ReplyDelete