Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/12/2010

Strooppoffertjies

Berei eers die stroop voordat met deeg begin word – dit moet koud wees

Stroop:
1 liter water
1,125 ml witsuiker
sap van 1 suurlemoen

Verhit die water en die witsuiker tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het. Kook dit sowat 10 - 12 minute lank oop. Laat afkoel. Roer die suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Gooi dit in ‘n diep houer soos ‘n liter-maatbeker.

Beslag:
60 ml witsuiker
30 ml margarien, by kamertemperatuur
2 eiers
500g bruismeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
500 ml kookwater
sonneblomolie vir diep braai

Klits die witsuiker, margarien en eiers goed saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor. Voeg die suurlemoenskil en kookwater by en roer tot gemeng. (Dit is ‘n slap beslag). Verhit olie tot matig warm. Skep dessertlepelsvol van die beslag in die olie en bak dit eers aan die een kant en dan aan die ander kant tot goudbruin. Skep die gaar poffers vinnig met ‘n dreineerspaan uit en dompel dit dadelik in die koue stroop. Skep dit uit en laat die oortollige stroop afdrup. Bewaar dit in die yskas.

No comments :

Post a Comment