1 eier geklits
500 ml vars room
50 ml strooisuiker
6 ml vanielje geursel
250 ml gesifte versiersuiker
30 ml kookwater
2 ml suurlemoensap
geel voedselkleursel
Rol die helfte van die deeg uit en sny in 4.5cm vierkantjies. Verf liggies met geklitste eier. Plaas op 'n bakplaat wat met water besproei is en bak in 'n voorverhitte oond by 200ºC tot goudbruin.
Laat afkoel, sny deegvierkante oop tussen die gerysde lagies.
Klop room met strooisuiker en vanielje geursel styf.
Spuit room op die onderste een lagie en plaas 'n vierkantjie bo-op.
Meng gesifte versiersuiker met kookwater en suurlemoensap en 'n paar druppels voedselkleursel. Skep versiersel drupsgewys oor elke tamboesie.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment