Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/11/2010

Rissie boontjies

Wanneer jy 'n klomp mense moet kosgee is hierdie gereg vinnig en boonop sakpas.

20 ml olyfolie
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
2 rissies, die sade verwyder en fyn opgekap
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie rooi niertjiebone, gedreineer
1 blikkie cannellinibone, gedreineer
1 blikkie botterbone, gedreineer
sout en varsgemaalde peper
60 ml Italiaanse pietersielie, opgekap

Verhit die olie in 'n swaarboompot.
Braai die ui, knoffel en rissies saam tot sag.
Voeg die tamaties en bone by en prut vir 20 minute.
Garneer met sout en peper en roer pietersielie by.

Bedien saam met fynaartappels of Franse brood en gerasperde cheddar.

(bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment