Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/14/2010

Ystervarkies

Laagkoek:

250 ml melk
25 g botter
4 eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanielje geursel
500 ml meelblom
20 ml bakpoeier
12,5 ml meelblom

Kook melk en botter en laat afkoel.
Klits eiers met strooisuiker en vanielje geursel.
Sif 375 ml meelblom en sout 3 keer saam.
Meng bakpoeier met 12,5 ml meelblom.
Meng eiers met gesifte meelblom.
Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by.
Bak 25 minute by 200ºC.
Sny in blokke.

Stroop:

500 ml suiker
20 ml kakao
¾ koppie water
knippie sout
klapper

Kook alles saam vir 3 minute. Hou warm. Gooi oor stukke koek en rol dan die koek in klapper.

No comments :

Post a Comment