Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/24/2010

Boomkoek

275 ml botter
300 ml strooisuiker
6 ekstra groot eiers, waarvan 4 geskei is
5 ml vanielje geursel
5 ml rum of brandewyn
300 ml koekmeelblom
200 ml mielieblom
15 ml bakpoeier
500 ml versiersuiker
100ml water

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Voer ‘n 23cm koekpan uit met waspapier.

Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig.
Voeg die twee heel eiers en vier eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg die vanielje geursel en brandewyn by en meng goed.
Sif die droë bestanddele by, behalwe die versiersuiker.
Voeg geleidelik by die bottermengsel. Meng goed.
Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.

Skep 125 ml van die mengsel in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 12 minute lank.

Skep nog 125 ml op die gebakte laag, maak gelyk tot teen die kant, bak nog 10 - 12 minute lank of totdat die laag gaar is.

Herhaal die lae totdat jy ten minste agt lae het.
(Sit ‘n bakkie met water onder in die oond om te verhoed dat die onderste laag brand).

Laat effens afkoel in die pan en keer danop ‘n draadrakkie uit om heeltemal koud te word.

Sif die versiersuiker en meng met net genoeg water om ‘n gladde dik versiersel te maak.
Giet oor die koek.

No comments :

Post a Comment