die geel van 2 eiers
3 hoogvol eetlepels maizena
½ kondensmelkblikkie water
Hou die mengsel eenkant.
Voeg nou die volgende bestanddele saam en bring dit tot kookpunt:
1 blik kondensmelk
2½ kondensmelkblikkies water
1 groot eetlepel botter
Wanneer die mengsel kook voeg jy die eiermengsel by en kook vir nog 5 minute.
Verwyder van die hitte en voeg 2 styfgeklopte eierwitte by. Roer bietjie vanilla geursel by.
Plaas in 'n tertbak, strooi kaneel oor, koel af en plaas in yskas.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment