Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/18/2010

Vlaamse stoofgereg

900 g dikribskyf, in 5 cm blokkies gesny
2 eetlepels botter
2 uie, fyngekap
1 eetlepel meelblom
1 knoffelhuisie, fyngedruk
½ teelepel sout
280 ml warm water
280 ml bier
bouquet garni
peper
knippie neutmuskaat
knippie suiker
1 teelepel witwynasyra

Verhit die botter in 'n vuurvaste swaarboompot tot baie warm, net voor dit begin bruin word.

Sit genoeg vleis in die pot om die bodem te bedek en braai vinnig bruin aan beide kante.
Herhaal dit met al die vleis.
Hou die vleis eenkant.

Verlaag die hitte en braai die uie bruin.
Meng die meelblom by. Daar moet net genoeg vet van die vleis oor wees om met die meelblom te meng. Gooi enige ekstra vet af.
Roer die knoffel by en plaas die vleis terug.

Voeg die res van die bestandele by en roer goed met 'n houtlepel tot al die bruingebraaide deeltjies van die boom en kante van die pot los is.

Maak die pot toe en plaas in die oond vir 2 uur by 160ºC.

Verwyder die bouquet garni voor jy dit bedien.

(bedien 4 persone)

1 comment :