Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/18/2010

Vleispastei / Meat Pie

1 kg beesfilet, in blokkies gesny
250 ml koekmeelblom
250 g bladspekvleis, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
100 ml gemaalde vleis
1 ui, gekap
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
botter
2 rolle bevrore skilferkors, ontdooi
geklitste eiergeel

Vulsel:
Voorverhit die oond tot 200ºC.

Meng die filet, maalvleis en spekvleis saam.
Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom.

Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is.
Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is.
Meng met die uiemengsel.

Kors:
Rol die skilferkors dunner uit en voer 'n groterige oondbak daarmee uit.
Skep die vulsel in.
Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg.
Druk die kante vas met ‘n vurk.
Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25 - 30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

No comments :

Post a Comment