Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/20/2010

Hoenderpastei / Chicken Pie

Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word. Die deeg kan tot drie maande gevries word.

Kors:
250 ml koekmeel
2 ml sout
5 ml mosterdpoeier
125 g koue botter
125 g gladde maaskaas

Sif droë bestanddele saam.
Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig.
Voeg die maaskaas by en meng tot 'n sagte deeg.
Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel 'n paar uur.

Vulsel:
675 g hoenderborsies, ontvel en ontbeen
500 ml hoenderaftreksel
60 g botter
150 ml koekmeel
375 ml melk
45 ml sjerrie
suurlemoensap
sout en vars gemaalde swartpeper
30 g botter
1 middelslag ui, gekap
3 middelslag wortels, in ringe gesny
2 klein selderystingels, in ringe gesny
125 ml bevrore ertjies, ontdooi
45 ml gekapte vars pietersielie

Plaas die vleis en aftreksel in 'n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloeistof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar.
Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel.
Sny die vleis in blokkies.

Gebruik 'n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte.
Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit 'n minuut kook.
Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad.
Klop die melk in en bring oor medium hitte totdat dit prut terwyl jy aanhoudend klop.
Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut.
Voeg die suurlemoensap en sout en peper na smaak by.

Stel intussen die oond op 180°C.

Verhit die 30 g botter.
Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute.
Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by.
Skep die hoender-groentemengsel in 'n gesmeerde pasteibak.

Rol deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond.

No comments :

Post a Comment