Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/11/2010

Uie-konfyt / Onion Jam

Heerlik saam met alle vleissoorte

450 g uie, in ringe gesny
100 g preie, in ringe gesny
50 g grasuie, fyngekap
1 liter water
750 ml suiker
5 ml gemengde speserye

Kook die ui, prei en grasui in 'n bietjie water tot net sag.
Dreineer goed.
Voeg die water, suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie.

Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.

Lewer 750 ml.

1 comment :

  1. Dit klink fantasties lekker. Het juis nou die dag gewonder hoe 'n mens uie marmalade sal maak. Dankie vir die resep!

    ReplyDelete