Chicken Dust, ook bekend as Nandos, Amahotwane of Dihlakoane, is niks anders as hoenderpote nie.
Dit is eenvoudig om te maak. Skrop die pote skoon en braai tot gaar. As jy pote sonder skubbe wil hê by 'n straatsmous in Soweto betaal jy 'n paar sent meer.
Chicken Dust word gewoonlik met pap bedien, maar in 'n goeie sjebeen kry jy dalk Chicken Dust, slaai en pap. In Durban kry jy Chicken Dust en atjar te koop.
(foto Chooyutshing)

No comments :
Post a Comment