Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/30/2010

Vissermanpastei

25 ml olie
1 groot ui, geskil en gekap
2 vet knoffelhuisies, geskil en gekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
sout en peper
Gerasperde skil en sap van een suurlemoen
1 kg skel - of stokvisfilette
25 ml gekapte pietersielie
1 liter fyngemaakte, gaar aartappels
50 ml botter
2 ekstra-groot eiers, geklits
Gerasperde neutmuskaat
5 ml aangemaakte Engelse mosterd
15 ml melk

Gebruik 'n groot kastrol, skep die olie in en verhit totdat dit matig warm is.
Voeg die uie en knoffel by en roerbraai totdat die uie sag is.
Voeg die tamaties by en roer deur.
Geur met suiker, sout en peper.
Roer die suurlemoenskil en -sap by.
Rangskik die vis op die sous en bedek die kastrol.
Prut oor lae hitte totdat die vis gaar is.
Verwyder die kastrol van die hitte, verwyder die deksel en laat staan totdat die vis effens afgekoel het.

Skep die vis uit die kastrol, trek die vel af en verwyder alle grate.
Vlok die vis, strooi die pietersielie oor en hou eenkant.
Meng die aartappels met die botter en roer die eiers by.
Geur met neutmuskaat en mosterd.
Proe en voeg sout by soos benodig.

Waarskuwing: Indien jy skelvis gebruik, moet jy nie die aartappels te veel sout nie, anders gaan die "pastei" te sout wees.

No comments :

Post a Comment