Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/20/2010

Botterskorsiesop

1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
1 tamatie, vel verwyder en grofgekap
1 liter hoenderaftreksel
125 ml vars room
10 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
3 ml fyn komyn
3 ml kerriepoeier
3 ml fyn koljander
20 ml gekapte, vars pietersielie

Plaas die botterskorsie, aartappels, ui, tamatie en hoenderaftreksel in 'n groot kastrol. Bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte. Plaas die deksel op en laat saggies prut totdat die groente sag is (sowat 30 minute).

Verpulp die groente en aftreksel in 'n voedselverwerker.

Gooi die verpulpte groente terug in die kastrol.
Voeg room en geurmiddels by en verhit tot goed deurwarm.


Garneer met pietersielie en sit voor met vars, sesamesaad broodrolletjies.

No comments :

Post a Comment