Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/19/2010

Vye in port

500 ml water
300 g wit suiker
15 ml heel kruie naeltjies
1 groot suurlemoen
750 ml port
1,5 kg vye

Verhit die water, suiker en kruie naeltjies stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Prut die stroop 5 minute lank.

Skil die suurlemoen dun af en sny die skil in smal repies op.
Voeg die skilrepies saam met die port by die stroop.
Pak die vye met skil en al in warm inmaak flesse en vul die flesse met stroop.

Bedien met roomys.

No comments :

Post a Comment