Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/18/2010

Chapatti / Chapati / Chapathi / Chappatti

Chapatti / Chapathi is ’n soort brood wat in Indië gemaak word. Soms word dié brood net so oor die vlamme gehou, wat dit laat opblaas soos ’n ballon.

3 koppies volgraan meel
1 ½ teelepel sout
1 eetlepel olie
1 koppie louwarm water


Plaas 2 ½ koppies meel in ’n mengbak en meng die sout by.
Vryf die olie by die meel.

Voeg nou al die water gelyk by en meng tot daar ’n deeg vorm.
Knie die deeg vir ten minste 10 minute.

Vorm balletjies (omtrent so groot soos ’n gholfbal) met die meel, bedek met kleefplastiek en laat staan vir ten minste 1 uur.
Strooi die ½ koppie meel wat oor is op ’n houtbord en rol die balletjies deeg daarin uit. Dit moet so dun soos ’n pannekoek wees.

Maak ’n swaarboompan baie warm en maak elke chapatti gaar daarop. Begin met die wat jy eerste uitgerol het. Die chapatti moet vir 1 minuut lank op een kant verhit word.

Druk die kante plat met handdoekpapier, terwyl die chapatti op die pan is. Dit help die brood om die ’n kenmerkende lugborrel te vorm. Vou elke chapatti in handdoekpapier toe wanneer dit gaar is.

(foto Maria Chily)

No comments :

Post a Comment