1,25 liter warm water
500 ml druiwe asyn
20 ml sout
60 ml suiker
5 rooi brandrissies (opsioneel)
16 peperkorrels
8 lourierblare
10 ml speserye vir suurtjies
5 knoffelhuisies
Moenie die komkommers skil nie. Krap dit in die lengte met 'n vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1 cm stukkies.
Meng die res van die bestanddele in 'n diep kastrol en verhit.
Voeg die komkommerstukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommerstukke met 'n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse.
Plaas 'n brandrissie in elke bottel.
Dreineer die vloeistof in die kastrol deur 'n sif.
Skep 'n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles.
Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof.
Verseël dadelik.
Lewer 5 liter.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment