4 eetlepels fyngekapte salotte
225 g botter
4 eetlepels broodkrummels
’n hand vol bronkors, fyngekap
4 eetlepels fyngekapte selderyblare
4 eetlepels fyngekapte pietersielie
1 eetlepel fyngekapte kerwel
1 teelepel fyngekapte tarragon
4 eetlepels Absinthe
sout
varsgemaalde swartpeper
cayenne peper
growwe sout (rock salt)
24 vars oesters
Braai die salotte oor lae hitte in 4 eetlepels van die botter tot dit ’n mooi glans het.
Voeg die broodkrummels by en hou aan met braai tot dit ’n bruin kleur begin kry.
Meng die res van die bestanddele, behalwe die oesters, saam.
Voeg die res van die botter by en stamp die mengsel fyn tot dit ’n pasta vorm.

Maak die sout effens nat.
Maak die oesters oop en plaas dit op die sout.
Plaas 1 eetlepel van die mengsel op elke oester.
Bak die oesters in ’n warm oond van 230ºC vir sowat 5 minute, tot die botter gesmelt het en die oesters goed warm is.
Bedien dadelik!
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment