Skil aartappels en sny hulle in papierdun skywe.
Geur met sout en peper.
Verbruin 'n bietjie botter liggies in 'n pan en plaas die aartappels in die rondte om in lae.
Sorg dat daar botter oral oor die aartappels kom en druk die lae dan styf vas aan mekaar.
Haal dit van die plaat af, bedek en plaas in 'n warm oond vir 25 minute tot gaar.
Haal die die pan uit, gly die aartappels uit en draai dit om en sit dit terug in die pan.
Verbruin die ander kant vinnig op 'n warm plaat.

No comments :
Post a Comment