225 g meel
2 eiers
50 g prosciutto
100 g gaar hoendervleis, fyngemaak
50 g gaar varkvleis, fyngemaak
1 eier
1 eetlepel fyngekapte basiliekruid
sout
varsgemaalde swartpeper
gemaalde neutmuskaat
2 eetlepels gerasperde Parmesan
1,5 liter hoenderaftreksel
Maak ’n holte in die middel van die meel en breek 2 eiers daarin.
Meng nou alles goed saam tot ’n deeg vorm. Werk die deeg vir 15 minute met jou hande.
Rol die deeg so dun as moontlik uit en sny sirkels daarin met ’n deursnee van 5 cm.
Meng al die vleis, kruie, eier, speserye en kaas saam.
Plaas een teelepel van die vulsel in elke deegsirkel.
Vou die vulsel toe met die deeg en druk dit styf toe met jou vingers en vou in, sodat dit lyk soos 'n mussie. (sien foto)
Dit is nou jou tortellini.

Plaas die tortellini in die aftreksel en kook vir 20 minute tot gaar.
(die resep is genoeg vir 6 persone)
No comments :
Post a Comment