225 g droë niertjiebone, oornag geweek
100 g gepekelde varkvleis, in blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, in agstes gesny
2,4 liter vleisaftreksel
4 wortels, in dun ringe gesny
4 selderystingels, in dun skyfies gesny
½ klein koolkop, in stukke gesny
4 spriete andyvie, in stukke gesny
6 tamaties, in stukke gesny
225 g groenbone, in stukke gesny
100 g gevriesde ertjies
150 g macaroni
sout
varsgemaalde swartpeper
2 eetlepels vars gekapte pietersielie
2 eetlepels olyfolie
4 eetlepels gerasperde pecorino
Prut die bone in 1,2 liter soutwater vir 2 ure.
Dreineer die boontjies.
Verbruin die varkvleis in ’n soppot met olyfolie.
Gooi die knoffel en uie by die vleis en braai tot goudbruin.
Voeg die bone, aftreksel, wortels, seldery, kool, andyvie, tamaties en groenbone by.
Bring die soppot tot kookpunt, bedek, draai dan die hitte af tot dit net-net prut. Laat dit prut vir 1½ uur.
Twintig minute voor die sop reg is voeg jy die ertjies en macaroni by.
Bring die sop weer tot kookpunt en verlaag dan weer die hitte om verder te prut.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Voeg die pietersielie en olyfolie by net voor jy dit opdis.
Strooi pecorino oor elke porsie.
No comments :
Post a Comment